Monday, September 18, 2006

Koue oomblikke

Dit is nou wanneer 'n mens begin bewe en voel of jy wil uitpaas. Die wereld om jou begin te draai en jy word naar.

Ek het met Boer en Simone se troue so 3 MiniDV kasette gebruik maar toe kon Evert vandag net 1 kry. Dit is nie goed nie. Dit was baie werk wat daarin gegaan het. Gelukkig bel hy later trug met die goeie nuus dat hy dit gekry het.

Wat 'n verligting! Ek is gered!

Sunday, September 10, 2006

evert se mening

die troue was ñ sukses!

dit is nie aldag dat mens dit sien nie, maar ons het 'sameday editing'
gedoen. die foto's is geneem en dan later tydens die hoof maaltyd
truggespeel op ñ groot skerm.

dit het die troue ñ baie visual entertaining funksie gegee.

di mense was sommer al baie vroeg gekuier. weird mense.

Saturday, September 09, 2006

baie besig!

sjoe! dit gan rof. en dis vrek warm! jansenville is ñ klein plekkie!
ek weti rerag wamee mens kan boer ni. woestyngrond, warm, koppies, ni
juis goeie grond vir mielies of so nie.

plaastroue

vandag is nog ñ rowwe dag. evert het al weer baie min geslaap en ons
is nou op pad na die plaas wa ons ñ troue gan afneem.
da gan ok ñ projekter saam wat op ñ big screen gan wys. dis heel
interessant om met al die tegnologie te werk! en leke.

Friday, September 08, 2006

Sjoe! Dis verby.

Dit was woes! Ek is nou vrek moeg, wil gaan slaap en nou-nou opstaan. Ek dink die aand kon baie beter, maar dit was darm ok. Daar het nie baie verkeer geloop nie, behalwe wir die "massiewe" kommunikasie gaping tussen my en Evert.

Ek het Dynarc se logo geanimaate, maar nie gerender nie want ek het verstaan dat Evert dit sal doen. Wel, to nou nie.

Die ding was seker nog besig om te render toe ons begin het.

Thursday, September 07, 2006

Grootste produksie tot nog toe: Vandag

Ons doen vandag 'n produksie wat tot nou toe nog ons grootste een is. Gewoonlik werk ons met twee silk screens, maar vandag gebruik ons vier, 4, iv! Dit is baie vir 'n funksie!

Ek het ook toe 'n kaartjie gekry, Ek sal nou net later uitvind of Sone sal kaan saamgaan. Ek het eers bietjie laat te hore gekom van die kaartjies, maar dit is nogal 'n goeie plan.

Ek weet dat vandag 'n groot sukses sal wees, want daar is goeie mense saam met wie ons werk, my werk is klaar en ek dink Evert se werk is ook klaar.

'n Screenshot van die olifant wat ek moes animate van Dynarc se logo af.Dit het my 'n tydjie geneem maar ek het dit reggekry en ek is tevrede. Die olifant se ore wapper op 'n stadium, dan beweeg sy slurp en op die ouend lyk dit of hy die woorde: Aand van die Sterre, met sy slurp intrek. Nogal kwaai dink ek. Ek is netnie tevrede met die oe nie, maar dit moet maar so deurgaan!

Ek moet gou-gou gaan slaap want ek moet nou-nou opstaan en klas toe gaan!

Tuesday, September 05, 2006

Internet kommunikasie

Ons moet meer oor mulitmedia op 'n blog post. Dalk nie net oor multimedia nie, maar oor Linux ingesluit.