Thursday, September 07, 2006

Grootste produksie tot nog toe: Vandag

Ons doen vandag 'n produksie wat tot nou toe nog ons grootste een is. Gewoonlik werk ons met twee silk screens, maar vandag gebruik ons vier, 4, iv! Dit is baie vir 'n funksie!

Ek het ook toe 'n kaartjie gekry, Ek sal nou net later uitvind of Sone sal kaan saamgaan. Ek het eers bietjie laat te hore gekom van die kaartjies, maar dit is nogal 'n goeie plan.

Ek weet dat vandag 'n groot sukses sal wees, want daar is goeie mense saam met wie ons werk, my werk is klaar en ek dink Evert se werk is ook klaar.

'n Screenshot van die olifant wat ek moes animate van Dynarc se logo af.Dit het my 'n tydjie geneem maar ek het dit reggekry en ek is tevrede. Die olifant se ore wapper op 'n stadium, dan beweeg sy slurp en op die ouend lyk dit of hy die woorde: Aand van die Sterre, met sy slurp intrek. Nogal kwaai dink ek. Ek is netnie tevrede met die oe nie, maar dit moet maar so deurgaan!

Ek moet gou-gou gaan slaap want ek moet nou-nou opstaan en klas toe gaan!

0 Comments:

Post a Comment

<< Home